top of page

BEGIN JY 'n NUWE BESIGHEID?


Eienaars van nuwe besighede word toegegooi met ʼn hoop besluite en een van die belangrike vraagstukke is gewoonlik wat die mees geskikte entiteit vorm vir die nuwe besigheid sal wees. Dis egter nie so ʼn maklike besluit nie siende dat elke vorm, hetsy eenmansaak, vennootskap of maatskappy, oor sy eie unieke kenmerke beskik wat dan ook ooreenkomstige belasting gevolge inhou.


Sodra die besluit geneem is oor die geskikte entiteit vorm, mag dit dalk wees dat ʼn vrywillige BTW registrasie tot voordeel van hierdie nuutgestigte besigheid kan wees (minimum vereiste van R50,000 omset per jaar). ʼn Verpligte BTW registrasie is egter relevant wanneer die verwagte omset van die besigheid R1,000,000 oorskry. Buiten ʼn BTW registrasie, vereis SARS ook ander verpligte registrasies wat onder andere insluit ʼn inkomstebelasting en LBS registrasie, respektiewelik.


By SGN Konsult bied ons ondersteuning en advies vir in hierdie tipe besluitneming om te verseker dat ʼn entiteit soveel as moontlik belasting voordele vir u inhou, hetsy in die korttermyn in die vorm van deurlopende belasting, asook in die langtermyn deur boedelbelasting (en KWB) te minimaliseer. Kontak ons asseblief vir meer advies en leiding in die verband.


Die SGN Konsult span

Comments


bottom of page